Die Voordele van Eierwit met Marion Holm en Margit Meyer-Rodenbeck

Loading Map....

Date/Time
Date(s) - 2019-08-13 - 2019-08-16
8:30 pm - 9:45 pm

Event Price
R160-00

Event Contact Details
021 979 1911 of aanlyn by www.diebeor.com

Location
DIE BOER Restaurant Teater
6 Chenoweth Street
7550 Durbanville


Description

Kyk… as daar nou één dag is wat Ans le Roux en Elna Basson nie tyd het om in ’n hysbak vas te sit nie, dan is dit vandag.

Daar is ’n duisend dinge… Mans en kinders, specials by Checkers, vraestelle om te merk, huise om te verkoop, Ans se obsessie met eierwit (verlede maand was dit Borrie), wat om vanaand gaar te maak (Dieter is mos nou ’n Vegan) en pa se woonstel.

Susters wat baie praat, praat die oppervlak so toe dat dit wat regtig pla selde oor gepraat word. Die voordele van eierwit – is die gejaagde lewe waaraan ons almal so gewoond is, maar wat as alles vir ‘n oomblik stop?