Koos Kombuis

Loading Map....

Date/Time
Date(s) - 2018-01-04
8:30 pm - 9:30 pm

Event Price
R130-00

Event Contact Details
0219791911 or online at www.dieboer.com

Location
DIE BOER Restaurant Teater
6 Chenoweth Street
7550 Durbanville


Description

Deesdae is dit net Koos. Hy het al sy maskers afgehaal. Hy het besef dat hy dieselfde ou is, wat hy homself ook al noem, of hy deel is van ‘n volk of nie. Sonder vriende, sonder vyande, sonder cause, sonder politiek of wroeginge; net hy en sy bottel wyn, sy kitaar, en sy stories van eensaam reise deur die landskap van die hart.

Nog steeds snaaks, ja. Nog steeds self-spottend, ja. Maar eerliker as ooit tevore.

En stoksiel-alleen.

Kom kuier saam met Koos. Kom verbeel jou dis net jy en hy, alleen in die kamer.

Kom word deel van Koos Kombuis se mees intieme konsert ooit.