Mathys Roets en Dana Snyman in Huil van die Lag

Loading Map....

Date/Time
Date(s) - 2019-01-31
8:30 pm - 9:30 pm

Event Price
R150-00

Event Contact Details
0219791911 of aanlyn by www.dieboer.com

Location
DIE BOER Restaurant Teater
6 Chenoweth Street
7550 Durbanville


Description

Mathys en Dana neem jou saam op ‘n bittersoet storiereis wat jou soms sal laat lag en soms verdrietig sal maak. Nes die lewe maar is. ‘n Splinternuwe produksie met musiek en woord saamgesnoer.

“Dit is wonderlik hoe sekere musiek en bepaalde stories mekaar aantrek,” se Mathys. “Ek sing byvoorbeeld Gert Vlok Nel se Hillside Lullaby. Dit het Dana dadelik herinner aan ‘n storie oor ‘n swanger kroegmeisie wat hy geskryf het. Op ‘n manier praat die liedjie en die storie met mekaar.”