Ouma Ossewania praat Vuil met Pieter Dirk Uys

Loading Map....

Date/Time
Date(s) - 2019-03-20
8:30 pm - 9:30 pm

Event Price
R150-00

Event Contact Details
0219791911 of aanlyn by www.dieboer.com

Location
DIE BOER Restaurant Teater
6 Chenoweth Street
7550 Durbanville


Description

Almal ken die saga van Evita Bezuidenhout. Sommige onthou die wupse dramas van haar suster Bambi Kellermann. Maar OUMA OSSEWANIA PRAAT VUIL is weer ‘n ander soort storie. Die dierbare ou tannie, Ouma Ossewania Kakebenia Poggenpoel, nou oor die 100 jaar oud, sit en wag in die voorportaal van die ouetehuis vir haar beroemde dogter, Evita. Sy kyk terug op haar lewe met bewondering en woede. Sy het geglo apartheid was ‘n gawe van die Allerhoogste and nou vind sy uit dat dit nie so was nie. Sy’t haar lewe gemors op ‘n leuen. Nou is dit te laat om met die tuinjong te slaap. Of is dit?