Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verkseindenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat ver terugreis na die verlede. Hierdie program is ‘n moet vir elke boekwurm of liefhebber van Afrikaans. Maak ‘n merkie op jou kalender en moet dit nie misloop nie.